Drie babahondjies uit boks langs pad gered

Deel hierdie storie / Share this story

Drie babahondjies wat Saterdag langs die pad in Mountview, KwaZulu-Natal afgelaai is, is deur ‘n gemeenskapslid gered.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê die drie babahondjies is deur ‘n motoris raakgesien toe een van die hondjies langs die pad gestaan het. Toe die motoris stop om ondersoek in te stel, is nog twee hondjies in ‘n boks langs die pad ontdek. Die drie tefies is glo net ‘n paar weke oud.

Die hondjies is na Rusa-kantore geneem waar hulle kos en water gekry het.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel