Shalima Ramsanker (44) is gisteroggend ongeveer 04:00 te Collinsstraat 51, Uvongo, KwaZulu-Natal, doodgeskiet in wat blyk ‘n roof te wees.
Die oorledene en haar familie was in Durban vir ‘n vakansie. Hulle het glo op die stoep op die grondvloer gesit toe ‘n alarm afgaan. Die familie het die huis binnegegaan om te skuil en het die skuifdeur toegemaak.
Die oorledene het na die kombuis gegaan om die deur te sluit toe sy van aagesig tot aangesig met ‘n onbekende man gekom het. Hy het glo verskeie skote afgevuur waarvan een haar in die bors getref het.
Die vermeende verdagte het glo geld geëis.
Die oorledene het na die slaapkamer probeer vlug, maar het inmekaargesak en gesterf. Niemand anders is gedurende die voorval beseer nie.
Die vermeende verdagte het glo hierna twee handsakke, met persoonlike dokumente en bankkaarte, gevat en van die toneel gevlug. Die verdagte is onbekend, maar was geklee in ‘n rooi T-hemp en ‘n blou denim.
Tydens die skietery is die televisie beskadig. Drie fragmente van afgevuurde rondte is in die hoek van die vetrek naby die televisie gevind.
Owerhede was op die toneel om ondersoek in te stel. Die motief is tans onbekend, maar roof word vermoed. ‘n Saak van moord en huisroof word ondersoek.
Bron: Chatsworth Crime Watch (Mohamed B Khan)
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



