Sandile Vaaiboom (35) het op 19 Maart 2022 drie moorde gepleeg. Hy is gister in die Kimberley-hooggeregshof in die Noord-Kaap drie lewenslange vonnisse opgelê.
Sers. Timothy Sam, polisiewoordvoerder van Galeshewe, sê buiten die drie lewensvonnisse wat die beskuldigde opgelê is, is hy ook gevonnis vir twee klagtes van opsetlike saakbeskadiging. Hy is vyf jaar elk vir die twee klagtes opgelê.
Hy het op die noodlottige dag in Maart verlede jaar drie familielede, Petrus Vaaiboom (64), Kerileng Kgatlane (54) en Vuyisile Vaaiboom (45), wat ook ‘n lid van Delportshoop-polisiestasie was, doogesteek.
Hy het by ‘n huis ingebreek en ‘n voertuig se venster beskadig om toegang tot die oorledenes te kry.
Lt.genl. Koliswa Otola, provinsiale polisiekommissaris in die Noord-Kaap, het die vonnis verwelkom en het die ondersoekbeampte, speurder-sersant Raphael Khoboko, vir die ondersoekwerk geprys.
“Perpetrators of GBV and Femicide will feel the full might of the law,” het sy gesê.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



