Laerskool Goudrand in Boksburg het op 21 Januarie die nuus van een van sy oud-leerlinge, Izak Cameron Nell (15), se skielike dood bekendgemaak. Nell het in 2022 sy laerskooljare by die laerskool voltooi, waarna hy vanjaar ’n graad 8-leerder aan die Hoërskool Dr. E.G. Jansen was.
Sy begrafnis is gister in Boksburg-Noord by ’n kerk gehou. Sy fiets is by die kerk geplaas waar familielede hul eie slot aan die fiets kon hang, met ’n spesiale boodskap wat ingegraveer is.



