Tiener na bewering deur oupa verkrag

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Tiener van die Grove End-area in KwaZulu-Natal beweer dat sy sedert middel 2022 deur haar oupa verkrag is.

Die tiener het haar ma vandag daarvan vertel, waarna die gemeenskap tot aksie oorgegaan en die oupa aangekeer het. Hierna het hulle KZN VIP Sekuriteit gekontak. KZN VIP-paramedici en reaksie-eenhede het saam met die gemeenskap na die area gegaan waar die oupa na bewering seksuele dade met sy kleindogter gepleeg het.

Die tiener is geassesseer, waarna sy na ‘n mediese fasiliteit geneem is.

Die oupa, die verdagte, is deur die polisie weggeneem. Ondersoek word ingestel.

FiND iT het vir polisiekommentaar gevra.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.