Rudi Claase, Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer, het in die vroeë oggendure ‘n boodskap uit sy hospitaalbed geplaas waarin hy sê dat die lewe kort is en dat mense daar vir mekaar moet wees. Hy het vir Suzette Claase en sy ma vir hul ondersteuning bedank en ook vir besoekers en boodskappe dankie gesê.
Rudi het in Januarie 40 geword en was op sy verjaarsdag reeds baie siek.
Hy het op 21 Januarie aangekondig dat hy “die kamera moes gaan sluk” omdat hy reeds vir maande met sy maag sukkel. Daar is gevind sy diafragma is geskeur en daar is ‘n “gat in sy maag”. Hy het grappenderwys gesê hy kry ‘n operaie vir sy verjaarsdag.
FiND iT wens hom spoedige beterskap toe.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



