‘n Wyfiekatjie wat Donderdagoggend in ‘n boom in Adamstraat in Lotusville, KwaZulu-Natal, vasgesit het, is deur lede van Reaction Unit South Africa (Rusa) gered.
Rusa sê ‘n inwoner het sy lede in kennis gestel van die katjie wat in die boom in die parkeerarea vasgesit het. Rusa-lede het omstreeks 10:50 op die toneel aangekom.
‘n Lid het by die boom opgeklim om die katjie, wat aan ‘n tak vasgeklou het, te red.




Foto’s: Reaction Unit South Africa (Facebook)
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



