Vermiste vrou dood, verbrand gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Rorisang Baakwalanya (29), wat op 25 Januarie 2023 vermis geraak het, se verbrande liggaam is op 27 Januarie naby ‘n pad in bosse naby die Lokaleng-woonbuurt in Mahikeng, Noordwes-provinsie, gekry.

Women For Change sê sy het na bewering saam met haar kêrel in Mahikeng gewoon.

Nadat haar familie glo nie kontak met haar kon maak nie, het hulle hom gekontak. Hy het gesê sy is weg nadat hulle ‘n rusie gehad het en dat hy ook nie met haar kontak het nie. Haar familie het haar as vermis by die polisie aangegee.

Die polisie het glo gesê dat die nadoodse ondersoek nie die oorsaak van haar sterfte kon vasstel nie.

Die motief vir haar dood is onbekend en niemand is in hegtenis geneem nie.

FiND iT het die polisie om kommentaar gevra.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.