Christiaan Pieter Michiel van den Berg (15) van Brakpan, ‘n gr. 9-leerling aan Hoërskool Die Anker, word sedert Woensdagmiddag om 14:30 uit Brenthurst vermis.
Theresa van Heerden, sy tannie, het in ‘n Facebook-plasing gesê hy het in ‘n grys Hyundai Uber geklim. Hy het nooit by sy bestemming aangekom nie.
Enigiemand met inligting waar hy hom bevind, kan met sy ouers in kontak kom:
Brakpan SAPD: 011-744 7100
Juanita: 061 713 7777
Frikkie: 082 744 6520
Brakpan VB nr. 196/02/2023
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



