Jacques Potgieter en Angelique Gerber vier tweeling se vyfde verjaarsdag

Deel hierdie storie / Share this story

Jacques Potgieter en Angelique Gerber se tweeling is amptelik vyf jaar oud. Dié ouers, wat met hulle seuntjie se eerste skooldag as ‘n “goeie voorbeeld vir ander ouers” beskryf is, het weer dié dag saam met die tweeling gevier.

LEES OOK: Jacques Potgieter en Angelique Gerber ‘n ‘goeie voorbeeld’ vir ander ouers

Christal Pretorius skryf op Jacques se Instagram-blad (sic): “Baie geluk met Jul pragtige girls se verjaarsdae. Dalk nie beste tyd nie, maar weet dit word goed bedoel🙌 Dit is wat goeie ouers maak, die feit dat jy en mamma mekaar kan deel maak, Al is dit vir die kinders se onthalwe – 1ste dag van skool, verjaarsdae ens…. Dis mooi!!! Ek se altyd Al werk dit nie tussen mamma en pappa moet, pappa steeds sy kinders (Meisies en Seuns) wys hoe n man n vrou moet hanteer, asook n seun wys hoe om n vrou te hanteer. Ek dink julle doen n goeie job… Dit gee my moed om te dink ander kan dit ook doen.”

Ook Steffi Blom was vol lof (sic): “Baie geluk met julle verjaarsdag twins. Die feit dat jy die foto gekies het waar julle al 2 saam met die dogtertjies is se jy respekteer haar as die mamma van hulle. Wat n pragtige voorbeeld stel dit nie vir jou 3 kids nie wat n pragtige voorbeeld stel julle nie.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel