Koebaai, Hellmann’s Mayonnaise!

Deel hierdie storie / Share this story

Hellmann’s Mayonnaise het Dinsdag aangekondig dat dit nie meer in Suid-Afrika sy produkte sal verkoop nie, weens hoë invoerkostes.

‘n Verklaring lui:

“Dis moeilik om afskeid te neem van heerlike Hellmann’s Mayonnaise 🥪🥗 Maar, weens hoë inflasionêre invoerkoste, gaan ons ongelukkig Hellmann’s in Suid-Afrika staak tot verdere kennisgewing. Baie dankie aan ons getroue ondersteuners vir al die mayo-liefde oor die jare.” – AfriNUUS