Marie-Louise Nel (36), bestuurder en sjef van De Oude Kraal-landgoed buite Bloemfontein, se liggaam is Dinsdag op die familieplaas aangetref.
Medelye en huldeblyke stroom in op sosiale media na Nel se skielike dood.
Hoërskool Sentraal het haar dood in ‘n plasing op Facebook bevestig.
“Dit is met leedwese dat die Traliegemeenskap verneem van die afsterwe van ‘n oud-Tralie, Marie-Louise Nel (Lombard). Ons innige meegevoel aan haar familie en vriende. Ons dink aan julle in ons gebede.”
Rosestad 100.6FM berig Nel word deur haar jonger suster, haar man en twee kinders oorleef.
OFM berig Nel is deur familie op die plaas dood aangetref en dat die polisie geen misdaad vermoed nie.
FiND iT het by die polisie navraag gedoen, maar wag nog vir terugvoer.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



