Nie vir sensitiewe lesers nie!
Fatima du Toit van Hanover Park en haar twee kleinkinders het Saterdagoggend gesien hoe vyf jong seuns, geskat tussen die ouderdomme van 10 en 13 jaar oud, ‘n hond aan die brand steek.
Animal Welfare Society of SA sê Fatima wou hulle stop, maar sy was te getraumatiseer en het geweldaddige vergelding gevrees. Sy kon slegs met afsku toekyk terwyl sy probeer het om haar kleinkinders te beskerm teen wat voor hulle gebeur. Die hond het van pyn gehuil.
“Sy het die kinders gekonfronteer, waarna hulle gevloek, gelag en weggehardloop het. Fatima het vermoed dat hulle hoog op dwelms was.”
Die hond wat in vlamme gehul was, kon nie gehelp word nie, maar wat Fatima meer ontstel het, is die omstanders wat net toegekyk het terwyl hulle met hul slimfone besig was.
Animal Welfare Society SA het Maandag saam met Fatima en haar kleinseun na die toneel gegaan om die hond se liggaam te kry en bewyse in te samel.
“Fatima was verstaanbaar ontroosbaar en diep geraak toe ons die hond se karkas versigtig in ‘n lyksak (body bag) geplaas het.”
Haar kleinseun, wat op ‘n veilige afstand was, het sy ouma se hand styf vasgehou en die volgende gesê: “This is not nice. I don’t like it when my Granny gets heartsore and I don’t like seeing her cry. These children are evil”.
Animal Welfware Society SA het gesê hulle gaan hul bes probeer om diegene wat verantwoordelik is vir dié wrede daad, aan te keer. Dit sal help dat Fatima vrede en afsluiting kry.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



