Die voormalige All Black rugbyspeler Campbell Johnstone het op TVNZ se One News-kanaal erken hy is gay.
Johnstone, wat in 2005 in drie toetswedstryde gespeel het, het glo reeds vir sy familie en nabye vriende gesê dat hy gay is voordat hy dit op nasionale TV bekendgemaak het.
Johnstone het gesê hy wil die stigma en druk wat saam met so ‘n erkenning gaan, wegneem om ander mense te help.
Die All Blacks het sy besluit op Twitter geprys.
Bronne: IOL, The Citizen, Daily Mail
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Gerhard Ackerman na verwagting weer in hof na inhegtenisneming



