Meisie (17) pleeg selfdood, glo geboelie

Deel hierdie storie / Share this story

Andiswa Chiya (17) het glo huis toe gegaan na haar skool se vieringe oor die matriekuitslae en selfdood gepleeg.

Andiswa is glo gereeld deur ander leerlinge geboelie wat haar lelik genoem het en haar gespot her oor die vorm van haar kop.

Die KwaZulu-Natal departement van sosiale ontwikkeling se LUR, Nonhlanhla Khoza, het haar skok oor Andiswa se selfdood uitgespreek.

Die LUR het ’n groep maatskaplike werkers na die familie en skool gestuur vir ondersteuning.

As jy of iemand na aan jou selfdoodgedagtes het, kontak die Suicide Helpline by 0800 567 567.

Bronne: IOL, The Pink Brain, Ladies House

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Gerhard Ackerman na verwagting weer in hof na inhegtenisneming