EFF-leier Julius Malema het gesê sy party beplan ’n massa-optog oor beurtkrag, wat sal lei tot ’n nasionale stilstand op 20 Maart 2023.
Malema het aan verskeie joernaliste gesê sy party gaan nie toestemming vra vir die massa-optog nie en het besighede gewaarsku om daardie dag te sluit.
Malema het ook gesê hy wil nie trokke of treine sien beweeg nie, veral nie in Richardsbaai nie en dat hy ook nie busse wil sien ry tensy hulle betogers vervoer nie.
Daar was verlede week verskeie betogings oor die beurtkrag en elektrisiteitstariewe.
Bronne: IOL, DFA, African News Agency, VN Explorer
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Gerhard Ackerman na verwagting weer in hof na inhegtenisneming



