Baba Lisa kort steeds hulp

Deel hierdie storie / Share this story

Op 21 Desember 2022 het FiND iT berig oor baba Lisa Mackenzie Pretorius van Middelburg, Mpumalanga, wat toe ses maande oud was.

Sy is met “geboorte-abnormailiteite” of dismorfie gebore. Tanya Pretorius het vertel hoe dit haar babadogter se lewe beïnvloed.

Daar is hulp gevra vir benodigdhede en veral ‘n stoeltjie wat pasgemaak moes word om haar toe te laat om reg te groei sodat sy kon leer om regop te sit.

Intussen het Tanya laat weet hoe dit met Lisa gaan. Die baba kon te danke aan donasies op 11 Januarie 2023 ‘n privaat MRI laat doen.

“Die MRI het gewys dat Lisa met semilobar holoprosencephaly, ‘n breinmisvorming, gebore is. Dit is ‘n seldsame toestand waarvoor daar nie genesing is nie.”

Tanya sê daar is nog fout op die MRI-skandering gevind. Dit is bevestig dat Lisa se ruggraat en nekwerwel skeef groei en sal sy nie soos ander babas kan leer om te sit, kruip of loop nie. Tanya sê alhoewel die dokter Lisa se simptome en aanvalle kan behandel, is daar ongelukkig nie ‘n kuur vir haar toestand nie.

Lisa eis nou al Tanya se aandag op en die enkel-mamma sukkel om kop bo water te hou. Tanya se ma kan as gevolg van omstandighede nie na die baba omsien sodat Tanya permanente werk kan aanvaar nie.

“Ons is dus tans afhanklik van donasies om aan die lewe te bly in dié moeilike tyd.”

Tanya het wel die hulp van ‘n privaat prokureur om nou haar onderhoudsake te hanteer.

Die familie is in nood en enigiemand wat hul kan bystaan met daaglikse benodigdhede en ook om die stoeltjie en stootkar aan te skaf, kan met hulle kontak maak by 060 934 4532.

Lees ook hier:

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.