Lisa Mackenzie Pretorius, ses maande oud van Middelburg in Mpumalanga, is gebore met “geboorte-abnormailiteite”, of dismorfie.
Tanya Pretorius vertel hoe dit haar babadogter se lewe beïnvloed.
“Haar oë swel en sweer en sy het deurentyd salf daarvoor nodig. Haar nek hang na die regterkant toe wat tot gevolg het dat sy nie kan leer sit, kruip of loop soos babas van haar ouderdom nie. Sy het ‘n plat en skewe neus en alhoewel haar neus verbeter het, sukkel sy met haar sinusse.
Tanya sê Lisa het op drie maande aanvalle begin kry wat nou deur permanente medikasie behandel word.
“Dit gebeur soms nog, maar nie meer so erg soos wat dit altyd was nie.”
Lisa was vervolgens al drie keer vir bloedtoetse vir Karyotype genetics.
“Die vierde keer moes ons hoor dit help nie om weer bloed te trek nie, omdat die staat dit bly verwerp omdat hulle laboratorium nie die tipe toetse doen nie.”
Volgens Tanya is dit die oorsaak waarom hulle nie kan vasstel of haar toestand as gevolg van ‘n genetiese sindroom, geboorte-abnormaliteite of ‘n ander oorsaak is nie.
“Onlangs moes sy vir ‘n breinskandering en EEG by Witbank-hospitaal gaan om te probeer vasstel wat haar aanvalle veroorsaak, maar die staatshospitaal het nie die regte bloedtoetse gedoen nie en ons moes teruggaan huis toe.”
Hierdie enkelmamma is moedeloos omdat sy nie die regte hulp kry om haar baba te help of uitsluitsel oor haar toestand en die behandeling daarvoor kry nie.
Lisa, wat op die 23ste Desember sewe maande oud word, het volgens wat Tanya kon uitvind ‘n spesiaal-gemaakte stoeltjie, stootkarretjie, badstoeltjie ens. nodig om sodoende haar nek en rug te help versterk en te ondersteun sodat sy ‘n kans op ‘n normale lewe kan hê.
“Maar alles kos geld wat ek nie het nie.”
Soos wat almal maar sukkel, noem Tanya dat sy nog ‘n 9-jarige seun met ADHD het en dat lewenskostes vir hulle drie en die baba se benodigdhede hoog is terwyl sy sukkel om haar vir ‘n SASSA-toelaag te registreer.
“Die kinders se pa’s bied geen ondersteuning nie en ek is tans werkloos omdat ek al my tyd en aandag gee aan Lisa se op en af na hospitale en huis toe.”
In hierdie stadium het Tanya fondsinsamelings aangepak waarvoor sy raffle tickets vir R100 per kaartjie, waarvoor sy sewe prysborge gekry het, wil verkoop.
“Indien ek al die kaartjies verkoop kan kry, sal ek genoeg geld hê om Lisa vir privaat toetse te vat en om die regte toerusting vir haar Lisa se nek en rug aan te koop om haar te ondersteun om ‘n normale lewe te kan leef.”
Vir raffle kaartjies kan Tanya by 060 934 4532 gekontak word of dit kan tot 30 Desember aangekoop word by Farmhouse Kitchen.
“Alle fondse gaan vir Lisa se mediese onkostes aangewend word vir bloedtoetse, breinskanderings, EEG, fisioterapie en mediese toerusting.
Vir donasies kan die BackaBuddy link gebruik word:
https://www.backabuddy.co.za/lisa-pretorius
“Daar is ‘n kort tydperk oor en ek wil pleit by mense om hul harte vir Lisa oop te maak, want ek is nog ver van my mikpunt af waar ek haar na behore sal kan help.”
Ms Tanya Pretorius
Capitec Savings Acc. 1317609083
Takkode: 470010
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



