Drie persone was Woensdag vasgekeer in die sand nadat ‘n sandmuur by Salt Rock-strand ineengestort het.
Medi Response se soek-en-reddingsafdeling het saam met ander nooddienste gewerk om die mense te bevry.
Drie persone was besig was om ‘n gat op die strand te grawe toe ‘n sandmuur van ongeveer twee meter op hulle ineengestort het. Twee persone het ontkom en een persoon is vasgekeer.
Reddingspanne het ‘n uur lank gewerk om die vrou te bevry terwyl gevorderde lewensondersteunende paramedici gewerk het om haar te stabiliseer. Albei slagoffers is na ‘n hospitaal vervoer
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



