Man na bewering deur tiener doodgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story

Trent-Ashley Jenkinson (34) is dood en sy pa Neville Rennie Jenkinson (70) ernstig beseer nadat hulle Sondag 22 Januarie 2023 in ‘n skietvoorval by Disaneng dam-vakansieoord buite Mahikeng in Noordwes, betrokke was.

Kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, sê daar het na bewering ‘n argument tussen die vroulike eienaar (43) van die vakansieoord, wie se naam weerhou word as gevolg van haar minderjarige seun en die twee Jenkinson-mans uitgebreek.

Die vrou se minderjarige seun (15), wie se naam as gevolg van sy ouderdom weerhou word, het glo vyftien skote met ‘n handwapen afgevuur.

Trent is op die toneel dood en sy pa, Neville, is na ‘n hospitaal geneem.

Drie persone is in hegtenis geneem vir moord en poging tot moord, wat die vrou, José Carrico haar kêrel wat in sy 70’s is, asook die 15-jarige seun.

Hulle het reeds op 26 Januarie in die Mmabatho-landdroshof verskyn, waar die man en vrou elk op R1 500 borg vrygelaat is. Die seun wat in ‘n jeugaanhoudingsfasiliteit was is na ‘n kinderhofverskyning in die sorg van sy ma vrygelaat.

Die saak word weer op 24 Maart in die hof aangehoor.

Brian Mitchell, ‘n familielid van die Jenkinsons het die volgende op sy Facebook-blad geplaas:

“I wasn’t going to comment for a while on my cousin Neville Jenkinson because we need time as family to heal, thank you to everyone friends and family around the globe wishing Neville a speedy recovery in this tragic tragic time, a keen sportsman he was and excelled in most sports, cricket and notably Rugby, tragically his son was taken from him. I thank God Neville is alive although he will live through this horrible ordeal which stems from a weak govt who thrives on corruption and no backbone to let things like this happen because of the breakdown of law and order, in a once beautiful country..Neville our thoughts and prayers and best wishes for tough times ahead we pray for your speedy recovery…From your cousins the Mitchell family around the globe. As for Trent-Ashley Jenkinson, we are absolutely gutted and do not have the words to express that he is gone. All the best Nev Jesus has his hands upon you and all our family. God Bless you Cuz.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.