Voertuig in vlamme na botsing

Deel hierdie storie / Share this story

‘n VW Jetta het Donderdagmiddag na ‘n botsing met ‘n grys Hyundai i20 by Dube Tradeport, KwaZulu-Natal in vlamme uitgebars.

Reaction Unit South Africa het om ongeveer 16:20 hulpoproepe van verbygaande motoriste ontvang. Met aankoms op die toneel was verskeie nooddiensowerhede reeds teenwoordig.

Brandbestryders kon die brand by die VW Jetta blus.

Die bestuurder van die Huyandai i20 het beserings opgedoen en is deur ‘n privaat ambulansdiens na ‘n hospitaal geneem.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.