Twee dood, drie kritiek toe bakkie rol

Deel hierdie storie / Share this story

Twee persone is dood en drie kritiek beseer toe die bakkie waarmee hulle gereis het gisteroggend op die R617 in die omgewing van Nkumba gerol het. Die bestuurder het vermoedelik op ‘n skerp draai beheer verloor.

Underberg Emergency Medical Services het om 08:00 ‘n oproep vir hulp ontvang.

Paramedici het twee insittendes wat agter op die bakkie was, gevind waar hulle van die agterkant van die bakkie geskiet is toe die voertuig rol.

Hulle het ongelukkig aan hul beserings gesterf voordat nood- mediese dienste op die toneel aangekom het.

‘n Verdere drie insittendes, wat kritiek beseer was, was in die kajuit van die bakkie vasgekeer.

Gespesialiseerde toerusting moes gebruik word om die drie beseerdes uit die bakkie se kajuit te bevry, waarna hulle gestabiliseer is.

Hulle is deur gevorderde lewensondersteunende paramedici na ‘n nabygeleë mediese fasiliteit vir behandeling geneem.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.