Luister: Sesjarige glo verbaal deur stiefpa en familie mishandel

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Sesjarige, gr.-1 leerling van Phoenix, Durban, KwaZulu-Natal is glo in ‘n amper 10 minute lange geredigeerde telefoongesprek glo deur sy stiefpa en dié se familie mishandel.

Reaction Unit South Africa het intussen ‘n man en vrou, wat betrokke is, geïdentifiseer

Volgens Rusa het hulle gisteraand om ongeveer 22:45 ‘n oproep ontvang van ‘n Gautengse maatskappy, NP Knights Search & Rescue, met ‘n versoek om hulle by te staan in wat geglo word ‘n kindermishandelingsaak in KwaZulu-Natal is.

In ‘n stemopname van die insident kan gehoor word hoe die man, sy suster en ouers die seun mishandel. Die betrokkenes se name word in die opname genoem. Die kind is verbaal mishandel en opdragte gegee om sekere aksies te verrig, omdat hy glo ‘n skoen aan ‘n verkeerde voet aangetrek het, ‘n badkamer vir langer as wat nodig is gebruik het en ‘n sapbottel verloor het.

Hy moes homself glo aanhoudend klap. Daar kon egter nie met die stemopname vasgestel word of die kind ook fisies mishandel word nie.

Volgens Rusa kon die stiefpa se ouers se betrokkenheid ook in die gesprek gehoor word.

Rusa weet waar die kind skoolgaan, wie die stiefpa en sy suster is en waar die stiefpa werk en woon.

Vorige soortgelyke mishandeling is glo aan onderwyspersoneel gerapporteer, maar die kind het nie hulp ontvang nie. Rusa-beamptes sal met ‘n SAPD-GKS-eenheid ontmoet en die opname en bewyse aan hulle oorhandig.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.