Senamile Sphengane (6), ook bekend as “Apula” se liggaam is Maandag 2 Januarie 2023 te Wiggins-sportgronde in Cato Manor, Durban, KwaZulu-Natal gevind.
Lt.kol. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, sê sy het wurgmerke aan haar liggaam gehad.
‘n Man (52) is Saterdag 7 Januarie in Cato Manor in hegtenis geneem.
Hy het op 9 Januarie in die Durban-landdroshof verskyn, waarna die saak uitgestel is vir ‘n borgtogaansoek.
Hy bly in aanhouding.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



