’n Kaapstadse verpleër het Woensdag in die Khayalitsha-landdroshof vir die moord op ’n polisiekaptein verskyn.
Yanga Dunken Madolo het homself Sondag aan die polisie oorhandig nadat hy glo kapt. Siphumeza Lusasa doodgesteek het oor ’n parkeerplek agter die Lingelethu-polisiestasie.
Lusasa was glo in ’n argument met Madolo se meisie betrokke oor ’n parkeerplek toe Madolo hom aanval en doodsteek.
Die saak is uitgestel tot 30 Januarie vir borginligting.
Madolo is vir veiligheidsredes na die Bellville-polisiestasie geskuif.
Bronne: Cape Argus, African News Agency, EWN
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



