Die polisie op Klerkskraal vra die gemeenskap se samewerking om die 37-jarige Joseph Muziunzima Motaung in verband met ‘n moordsaak op te spoor.
Kol. Adele Myburgh, polisiewoordvoerder, sê Motaung is van Lesotho afkomstig. Hy het ‘n vergulde tand in die bokant van sy mond en is geneig om ‘n skooltas te dra.
Hy was na bewering betrokke by die moord op sy meisie in Julie 2022 op Rysmierbult.
Enigiemand met inligting oor waar Motaung kan wees, kan die polisie by 060 612 3271 kontak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



