Man op skietbaan geskiet

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man het gistermiddag ‘n skietwond in sy bors op ‘n skietbaan in Fourways, Sandton, Gauteng opgedoen.

Emer-G-Med het om 17:00 ‘n manspersoon met ‘n skietwond in sy bors by die skietbaan aangetref. Hy was in ‘n kritieke toestand en is dadelik na ‘n nabygeleë fasiliteit geneem vir verdere mediese behandeling.

Die motief vir die skietvoorval is onbekend. Die polisie ondersoek die voorval.

FiND iT het die polisie vir kommentaar gevra.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.