Die Manenberg-polisie het die gemeenskap se samewerking nodig om ‘n onbekende manlike slagoffer, wat op 15 Januarie vanjaar geskiet is, te identifiseer.
Kapt. Frederick van Wyk, polisiewoordvoerder, sê die man van ongeveer 30 jaar oud is die Sondagaand omstreeks 21:00 in die kop geskiet. Die slagoffer is volgens kapt. Van Wyk langs die kanaal in Arriesstraat, Surrey Estate, met ‘n kopwond gevind.
Hy is tans in ‘n kritieke, maar stabiele toestand in die hospitaal.
Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte by 021 699 9400 kontak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



