Gesondheidsbeskuit vir diabete

Deel hierdie storie / Share this story

Maak: 35 beskuite
Bereidingstyd: 25 minute
Baktyd: 45 minute plus droogtyd
Oondtemperatuur: 180 °C

Bestanddele:

100 ml (100 g) laevetmargarien
2 groot eiers
185 ml (150 g) suikerplaasvervanger (soos Huletts Sugalite)
920 ml (500 g) bruismeel
7 ml bakpoeier
2 ml koeksoda
250 ml (30 g) semelvlokkies

Metode:

Plaas die margarien in ‘n bak met 400 ml warm water en roer totdat die margarien smelt.
Laat dit effens afkoel en voeg dan die eiers by.
Meng goed.
Sif al die droë bestanddele behalwe die semelvlokkies met 5 ml sout. Voeg dit by die eiermengsel.
Voeg die semelvlokkies by en meng dit deeglik.
Plaas die deeg in ‘n gesmeerde en gevoerde broodpan en bak dit vir omtrent 45 minute in die verhitte oond.
Keer die beskuit op ‘n draadrakkie uit, laat dit afkoel en sny dit in vingers.
Sit dit terug in die oond en laat dit vir twee uur teen 100 ºC uitdroog.

Bron: Idees Tydskrif
Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK