Steve Hofmeyr en sy vrou, Janine, vier vandag hulle negende huweliksherdenking.
Hofmeyr en Janine het in Januarie 2014 die knoop deurgehak en het ‘n dogtertjie, Romy-lee in 2017 in die wêreld verwelkom.
Hofmeyr het vanoggend in ‘n romantiese plasing op sosiale media vertel dat hy nie omgee dat dit nie altyd maklik is nie, maar dat hy omgee om sy lewe en sy tyd saam met sy vrou deur te bring.
“Janine, dankie vir soveel goeie jare en dankie dat jy my ring dra, vir nege jaar al. Dankie veral vir ons ou piesankie en dat jy die beste mamma vir haar is – en die beste vrou vir my. Dankie dat jy altyd aan my kant is. Ek gee nie om dat dit nie altyd maklik is nie, ek gee net om dat ek my lewe en my tyd met jou spandeer.”
Saam met dié boodskap was ‘n paar foto’s van die gelukkige paartjie.






