‘n Familie van Conifer-rylaan in Amanzimnyama, KwaZulu-Natal, het vroeër vandag hulp gevra nadat een van hul honde op ‘n menslike kopbeen afgekom het.
Reaction Unit South Africa het met aankoms op die toneel die menslike oorblyfsel/ kopbeen op die gras gevind.
Volgens die huiseienaar het twee van sy honde die manier om uit die erf deur ‘n gat in die heining te ontsnap na ‘n digte bos langs hul eiendom. Hy glo die honde het die menslike oorblyfsel daar opgespoor en na die erf teruggekeer met die gruvonds terwyl die familie geslaap het.
Volgens Reaction Unit South Africa lyk dit of die kakebeen van die kopbeen moontlik ‘n fraktuur het of ontwrig is.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



