Ma in Brasilië gee geboorte aan baba van 7,2 kg

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Baba wat 7,2 kg weeg en 59 cm lank is, is verlede week in Brasilië gebore.

Die 27-jarige Cleidians Santos dos Santos het op 18 Januarie via ‘n keisersnee in die Padre Colombo-hospitaal aan haar seun, Angerson, geboorte gegee.

Santos was in die hospitaal vir ‘n roetinekonsultasie toe medici besef het dat haar babatjie te groot is vir haar om voltermyn te dra.

Angerson, wat tans in ‘n stabiele toestand in ‘n broeikas gehou word, is glo die grootste baba nog om in die Amazonas-staat gebore te word. Beide ma en baba is gesond.

Angerson het die nasionale rekord net-net gemis, met die grootste baba, Ademilton dos Santos, wat in 2005 gebore is en 8 kg geweeg het.

Ademilton is ook deur ‘n keisersnee gebore.

Die grootste baba wat ooit natuurlik gebore is, was Anna Bates in Italië in 1955 – sy het ‘n volle 10,2 kg geweeg.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel