Gr. 11-leerling wat ineenstort steeds in koma

Deel hierdie storie / Share this story

Colin Pretorius, ‘n gr. 11-leerling van Hoërskool Stella, het Maandagoggend 16 Januarie 2023 tuis by hul huis inmekaargesak.

Colin sr. sê die dokters is bekommerd oor Colin jr. maar breinvliesontsteking en probleme met sy niere is as ‘n moontlike diagnose uitgeskakel. Dit wil voorkom asof dit eerder ‘n moontlike outo-immuun reaksie kan wees.

Hy is geïntubeer en verkeer steeds in ‘n geïnduseerde koma. Hy kry sedert gisteraand behandeling met plasma-uitruiling.

Colin was die oggend op pad skool toe, toe hy by die hekkie in hul oprit ineengestort het.

Hy was in ‘n ernstige toestand van ‘n hospitaal op Vryburg na Kimberley oorgeplaas.

Volgens sy ma, Sanet, het dokters aanvanklik gedink hy het moontlik breinvliesontsteking onder lede en dat daar fout met sy niere was, wat nie die geval blyk te wees nie.

Hoërskool Stella het op hul Facebook-blad gevra vir voorbidding vir Colin.

Bron: Hemelse Pêrels NPC

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.