Vrou vermoor glo tweelingsuster brutaal

Deel hierdie storie / Share this story

Lerato Mphahlele (36) is op Woensdag 18 Januarie 2023 na bewering deur haar tweelingsuster in Ga-Mogotlane-woongebied, Limpopo, doodgesteek.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê die tweelingsuster was glo sedertdien aan’t vlug. Sy is op 20 Januarie in hegtenis geneem.

Met aankoms op die huishoudelike geweldtoneel is Lerato gevind waar sy glo in ‘n plas bloed gelê het, met verskeie steekwonde aan haar lyf.

Sy is op die toneel dood verklaar.

Voorlopige ondersoek het aangedui dat die tweelingsusters na bewering in ‘n argument betrokke geraak het waarna die een suster die ander een glo verskeie kere met ‘n mes gesteek het. Sy het egter nog verder gegaan en glo haar suster met ‘n byl gekap en toe van die toneel gevlug.

Op 20 Januarie is sy by haar kêrel se huis waar sy glo weggekruip het in hegtenis geneem.

Lt.genl. Thembi Hadebe, die provinsiale kommissaris, sê: ” The incident is very disturbing and unfortunate, especially the brutal manner in which the suspect attacked her own sister. We appeal to community members to find amicable ways of approaching domestic related challenges instead of resorting to violence.”

Die vermeende moordenaar sal Maandag in die Moletlane- periodieke hof verskyn op ‘n klag van moord.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.