Die Gautengse departement van gesondheid het planne om 95% van die provinsie se kinders in 30 dae teen masels in te ent.
Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NICD) het verlede maand die uitbreking van masels aangekondig nadat minstens 200 gevalle in die land aangemeld is. Die departement het gesê hulle het 43 000 kinders ingeënt vandat die aankondiging gemaak is.
Die departement het gewaarsku dat masels hoogs oordraagbaar is en dat ouers op hulle hoede moet wees noudat kinders teruggaan skool toe.
Bronne: EWN, All Africa, Lekoa FM
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



