‘n Vrou is gistermiddag in Penhill Estate ernstig beseer toe sy deur ‘n pitbull aangeval is.
Titanium Securitas Medical Response het om 16:00 ‘n oproep vir mediese hulp ontvang.
Beamptes het die vrou met ernstige beserings, met bytmerke oor haar liggaam, aangetref. Die vel was van haar kop geskeur.
Sy is met gevorderde lewensondersteunende intervensie op die toneel gestabiliseer voordat sy na ‘n mediese fasiliteit is vir verdere mediese behandeling.
Geen foto van die hond is beskikbaar nie en besonderhede wat gelei het tot die aanval is onbekend.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



