‘n Man in sy 40’s is vroeër vanoggend dood nadat hy met sy motorfiets in ‘n verkeerslig te Milnerpad, Bayswater, Bloemfontein vasgery het.
ER24 en ander dienste het ongeveer 05:50 op die toneel aangekom waar hulle die man aan die teenoorgestelde kant van die pad langs sy motorfietswrak aangetref het.
Die man het reeds aan sy beserings beswyk en hy is dood verklaar.
Omstandighede rondom die ongeluk word deur owerhede ondersoek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



