In ‘n video wat op sosiale media versprei word, kan gesien word hoe ‘n man gedwing word om ‘n poeierstof te eet (byskrifte by die video beweer dat dit ‘n dwelmmiddel is).
Die gemeenskap van Springs is ontstoke oor dwelmbedrywighede in hulle gemeenskap.
Barend van Heerden het op die Springs GPF-blad bevestig dat die video van Springs afkomstig is.
Hy sê verder dat hy weet die gemeenskap is moeg vir die dwelmprobleem in hul midde, maar dat die optrede nie goedgekeur kan word nie.
“But 2 wrongs doesn’t make it right.”
Hy versoek die gemeenskap om die Springs-polisiestasie onder bevel van brig. Gwebushe en al die lede van die stasie te ondersteun.
Athi Dee Mfuku beskryf die voorval as ‘n dwelmhandelaar wat hom as ‘n pastoor voordoen, wat gedwing word om die produk wat hy verkoop, self te eet.
Sy noem verder dat dit die tweede skoonmaakoperasiedag in Springs is.
FiND iT het die polisie om kommentaar gevra.
Bronne: Springs GPF, Athi Dee Mfuku en Flying News Live
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



