Prokureur se vrou vas vir sy moord

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Span ondersoekers wat die moord op Mbambaszeni James Manwadu (46), ‘n prokureur van Legal Aid South Africa, ondersoek, het ‘n deurbraak in die saak gemaak met die inhegtenisname van sy vrou.

Die polisie het aanvanklik drie verdagtes in verband met die moord in hegtenis geneem, maar onlangse inligting het die polisie gelei tot by die 43-jarige vrou. Sy is Woensdagaand in Tshakuma Village in hegtenis geneem.

Manwadu is Sondagaand omstreeks 20:30 voor sy huis doodgeskiet. Hy is verskeie keer geskiet.

Zwidofelangani Manwadu, die vrou van die oorledene, sal tot 3 Februarie in aanhouding bly. Die ander drie verdagtes sal Vrydag in die hof verskyn.