Die vragmotorbestuurder wat daarvan aangekla word dat hy in ‘n bakkie vasgejaag en die dood van 20 mense in Pongola, KwaZulu-Natal veroorsaak het, sal in aanhouding bly tot sy volgende hofverskyning.
Sibusiso Siyaya het Woensdag in die Pongola-landdroshof verskyn waar sy aansoek om borgtog nie goedgekeur is nie.
Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder vir die nasionale vervolgingsgesag, sê Siyaya word deur 20 aanklagte van strafbare manslag in die gesig gestaar.
Die voorval het in September verlede jaar plaasgevind.



