Deon van der Merwe, kliniese sielkundige, sanger en kitaarspeler, is vandag 62 jaar oud.
As Touch of Class het Deon eers saam met Ronell Erasmus gesing, waarna Ruhan du Toit en toe Dusty Dixon ook deel van die groep was.
Touch of Class is bekend vir treffers soos Ek en my Meisie, Stille Soldate, Sound of Silence en vele ander.
Deon spog met ‘n toekenning vir Beste Afrikaanse Tradisionele Album wat in 2009 by die SAMA-toekenningsgeleentheid aan hom uitgereik is.
Hy praktiseer reeds meer as 36 jaar as kliniese sielkundige.
Laat verjaardagboodskappe in die kommentaar.
Bron: WOM (Wêreld Onbeperkte Musiek)
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



