‘n Vrou (80) is vroeër vandag kritiek beseer nadat ‘n vragmotor in Appolloweg en Northumberlandstraat in die Sundowner-area, Johannesburg, haar ligte motorvoertuig “ge T-been” het.
Emer-G-Med is om 13:30 na die toneel en het die vrou met ernstige beserings aangetref.
Gevorderde lewensondersteunende intervensie is toegepas om die pasiënt te stabiliseer voordat sy met ‘n Netcare911-lugambulans na ‘n gespesialiseerde mediese fasiliteit geneem is vir verdere behandeling.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



