Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco) het Dinsdag bevestig dat Sergey Lavrov, die Russiese minister van buitelandse sake, Maandag na Suid-Afrika sal reis om bilaterale gesprekke met die Suid-Afrikaanse regering te voer.
Dit kom ’n dag nadat Bloomberg berig het dat Suid-Afrika sal voortgaan om vir China en Rusland te verwelkom om vlootoefeninge langs sy kus uit te voer.



