Die publiek se samewerking word gevra om die vermiste 58-jarige Deena Perumal, ook bekend as Billy, op te spoor.
Volgens Reaction Unit South Africa (Rusa) is Perumal ‘n inwoner van Mountview, KwaZulu-Natal. Hy het glo sy woning Donderdag ongeveer 19:00 verlaat na ‘n rusie by sy huis.
Sy selfoon is afgeskakel en niemand kon hom sedertdien in die hande kry nie.
Kontak Rusa by 086 1234 333 met enige inligting.



