Sewe dae van rou verklaar vir oudspeaker Ginwala

Deel hierdie storie / Share this story

President Cyril Ramaphosa het Maandag ‘n nasionale tydperk van rou verklaar ter ere van oudspeaker dr. Frene Ginwala.

Landsvlae sal vir dié tydperk, sewe dae, halfmas by alle vlagstasies hang.

Dr. Ginwala se amptelike gedenkdiens sal Dinsdag 24 Januarie plaasvind, en die vlae sal tot dan halfmas hang.

Meer besonderhede oor die gedenkdiens sal later bekendgemaak word.