Sekuriteitsbeampte deur slang gepik

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Sekuriteitsbeampte van Prospection, KwaZulu-Natal is Maandagaand deur ‘n slang gepik.

Die beampte was op patrollie ten tyde van die voorval.

Emer-G-Med het net na 21:00 na die oproep om hulp reageer.

Die beampte is op die toneel gestabiliseer voordat hy na ‘n nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere mediese behandeling.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.