Dubbelmoord van mans ondersoek

Deel hierdie storie / Share this story

Moeketsi van Breda (20) en Gosiame Makhanya (25) se liggame is Maandagoggend 16 Januarie 2023 ongeveer 08:00 met verskeie steekwonde in ‘n huis te Turflaagte, Bloemfontein, gevind.

Lt.kol. Thabo Covane sê lede van Kopanong in die Mangaung Metro het Maandagoggend ‘n klagte van ‘n dubbelmoord ontvang.

Met aankoms op die toneel is die liggame van die twee mans in verskillende slaapkamers van die huis gevind.

Enigiemand wat inligting het wat die polisie kan bystaan om die verdagtes in die dubbelmoordsaak in hegtenis neem, kan kapt. Motlhanke by 082 466 7410 of 082 301 6382 kontak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.