Die liggaam van die 10-jarige Cyamtanda Sibisi is nog nie opgespoor nie.
Volgens Reaction Unit South Africa (Rusa) is helikopterspanne vanoggend na die Tugela-rivier ontbied om die familie te help om “die kind se liggaam uit die rivier te haal”.
Die seun is Maandag in die rivier meegesleur.
Tydens die soektog het inwoners op die rivierbanke gedink hulle het ‘n mens se liggaam in die rivier gesien. Uit vrees vir krokodille het inwoners nie die rivier oorgesteek om te gaan ondersoek instel nie.

Helikopterspanne kon vasstel dat dit die halwe karkas van ‘n koei was wat gesien is.
Die soektog het vir 165 minute voortgeduur voor die helikopter terug na die helipad is.




