Die 56-jarige Liz-Marie Julies van Humansdorp het Vrydag vermis geraak toe sy vermoedelik na Mosselbaai vertrek het.
Volgens kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het Julies se man Vrydagmiddag by die huis aangekom toe hy besef het sy vrou is nie meer daar nie. Die bure het hom ingelig daarvan dat Julies na Mosselbaai op pad was. Volgens familielede het Julies egter geen vriende of familie op Mosselbaai nie.
Julies is sedertdien vermis en die polisie doen nou ‘n beroep op gemeenskappe om op die uitkyk te wees vir haar. Volgens kol. Naidu is dit glo nie die eerste keer wat Julies van die huis af padgee nie.
Enigiemand met inligting kan die polisie by 042 200 8100 of 082 441 7613 kontak.



