Die polisie op Bloemhof doen ‘n dringende beroep op die gemeenskap om te help om ‘n vermiste vyfjarige seuntjie, Kamogelo Gaobuse, op te spoor.
Volgens die polisie is die vyfjarige laas gewaar toe sy ma hom op 12 Januarie by die skool afgelaai het. Toe sy ma hom na skool wou optel, was hy skoonveld.
Hy het ‘n blou skooluniform aangehad ten tye van sy verdwyning.
Enigiemand met inligting kan die polisie by 063 416 0961 kontak.



